Afrikaanse sangeres is ‘n dogtertjie ryker

Countrysangeres Chereé Strydom, wat as Suid-Afrika se “Country girl” bekendstaan, is ʼn dogtertjie ryker.

Chereé (32) en haar man se dogtertjie Bella-Joy, is Donderdag gebore. “Bella-Joy is om 08:45 gebore – 3.3kg, 49cm met ‘n bos swart hare! Lyk nes sussie en pappa! Dankie vir elkeen se boodskap! Feeling blessed,” het Chereé uit die hospitaal getwiet. Chereé en Bella-Joy sal na verwagting môre ontslaan word.

Wynand, Chereé se man, se bors swel van trots. “Vandag is ek ‘n dankbare man. Dankie my vrou @chereestrydom. Jy is die toonbeeld van ‘n ware ma. Ek is lief vir jou,” het hy getwiet.

Die paartjie het se eerste dogtertjie, Taylor-Hope, is in Januarie 2011 gebore. Sy was die inspirasie agter Chereé se album, Lesse & Lullabies.

Die gesin woon tans in Langebaan aan die Weskus.

 

Deur Maroela Media 23 November 2012

Source – http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/afrikaanse-sangeres-is-n-dogtertjie-ryker/

 

⇦ TERUG