Bekendes se oulike stokperdjies

 

Izak en Mericke en Chereé en Wynand wys vir ons hul stokperdjies.

 

izak_mericke.jpgIzak en Mericke Davel

Een van ons belangrikste dinge in ons huwelik is saam werk. Ons vind baie genot uit saam tuin maak en huis mooi maak. Ek sal ʼn naweek weg wees virshows en as ek by die huis kom het sy die matte uitgeruk of ʼn kamer half geverf. Dan begin die sports want sy kan gelukkig nie als op haar eie doen nie. Ons ooreenkoms is dat sy al die fyn werk doen en al die swaar en groter werk vir my los. Op die einde van die dag is dit gewoonlik ʼn gelag oor hoe vuil ons is, hoe ons droog gemaak het en hoe ons gestry het terwyl ons ʼn glas rooi wyn drink.
Izak_davel_stokperdjie.jpg Izak_davel_stokperdjie_2.jpg

wynand_cheree.jpgChereé en Wynand Strydom 

Roadtrips! Weens ons beroep het ons nie regtig baie vrye tyd by die huis nie, maar elke keer as ons oppad is na shows toe, maak ons gebruik van die geleentheid om nuwe plekke en mense te ontdek! So verken ons die pragtige Suid-Afrika! Dit is ons lewe – nog ʼn dag, nog ʼn show!

 

Deur Voelgoed 18 Julie 2014

Source – http://www.voelgoed.co.za/bekendes-se-oulike-stokperdjies

⇦ TERUG