Chereé en Wynand wys hul baba

En sy slaap éérs lekker as die countrymusiekkanaal op die agtergrond speel. Mamma is immers die land se eie countrymeisie Chereé (31) en pappa die rasperstem Wynand Strydom (35) – en albei kan sing dat die biesies bewe.

“Ek belowe jou hierdie kind is so rustig, sy is ’n regte nagmens wat saans wil wakker wees, maar die afgelope paar weke slaap sy soos ’n droom,’’ sê Chereé trots terwyl sy haar skaamteloos vergaap aan haar alleroulikste donkerkopmeisiekind.

Taylor-Hope lê grootoog in haar opslaanstoeltjie en wieg by hul huis op die Weskusdorp Langebaan. Chereé en Wynand se eersteling spog met pa se tone en neus en mamma se donker hare en oulike vol mondjie, vertel haar ma.

Sien meer foto’s en lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 3 Maart 2011

 

Deur Huisgenoot Digitaal op Februarie 25, 2011

Source – http://huisgenoot.com/bekendes/cheree-en-wynand-wys-hul-baba/

 

⇦ TERUG