Chereé Strydom verklap geheime oor haar en Wynand se sangerslewe

 

Ons voorbladmodelle Wynand en Chereé verklap hier nog iets oor hul lewe en loopbaan as country-sangers.

 

Het julle enige groot projekte wat julle vanjaar nog wil afhandel?

 

Daar is so baie dinge wat ons nog vir hierdie jaar beplan!Ons bring ‘n nuwe countryduetalbum uit, ‘n opvolgalbum op ons laaste So onthou ons … The Highwaymen CD. Hierdie keer gee ons hulde aan die mooiste Engelse en Afrikaanse countryduette.Ons is baie opgewonde oor die So onthou ons-reeks wat ons saam met ons platemaatskappy, Vonk Musiek, begin het. Dit gee ons ruimte om ons gunstelingliedjies ook op te neem!Wynand is ook besig met ‘n nuwe soloalbum. Die album sal uit oorspronklike Afrikaanse liedjies bestaan. Hy is tans besig om songs vir die album te skryf en dan ook na liedjieskrywers se liedjies te luister. Die album sal intiemer wees en beslis omdat Wynand dalk op pad is 40 toe, maar dis ‘n meer volwasse Wynand. Met die klem op sy rasperstem natuurlik!

 

 

Ek het ook ‘n nuwe soloalbum wat amper op die rakke is!Die album is ‘n meer kommersiële moderne country-album met oorspronklike liedjies op asook ‘n paar van my gunsteling-country-liedjies.Die album is al amper drie jaar in wording. Ek het die album begin nog voor ek swanger geword het met my tweede dogtertjie. Die tyd was net nie reg om die album vry te stel nie. Ek het swanger geword en gedink dit was nie die regte tyd in my lewe om die musiek te maak nie.Ons het dus so ‘n bietjie van die projek weggestap en ek is nou reg om weer jonk te voel! Lekker musiek te maak met ‘n feel, met ‘n beat!

 

 
Som jul huwelik in een woord op?

Eerlik.

Wat is die een ding wat julle jul kinders wil leer? 

Dat dit belangrik is om goed te voel binne jouself!Om gelukkig te wees. Om iemand te sien wat gelukkig is en wat omgee vir ander en wat dalk net deur ‘n glimlag iemand anders se dag kan maak.Ek dink om gelukkig te wees is aansteeklik! Mense voel goed in die geselskap van mense wat regtig gelukkig is.

 

Wat maak jul bedryf die moeite werd?

Om musiek te maak vir mense wat dit geniet! Om by die shows die kyk op mense se gesigte te sien en om mense weg te voer al is dit net vir ‘n oomblik! Ook om boodskappe deur musiek aan mense te kan bring.Dit maak dit ook als die moeite werd dat ons die sangloopbaan nou saam kan aanpak! Road trips is ons gunsteling.Ons ontmoet ook wonderlike mense in en buite die bedryf. Ons het al baie vriende deur ons musiek gemaak. Mense wat nou so deel is van ons lewe en ons is baie dankbaar. Musiek het ook ons lewens saamgebring.

 

 

Wat weet die publiek glad nie van julle af nie?

 

Wel, ek doen ons wasgoed en met twee kinders en een man, is dit erg. Ek is juis nou met my tweede bondel vir die dag besig.Hulle weet ook nie dat Wynand familie is van Cupido, Alan Ladd en Karen Wessels nie. Ek dink dis awesome!Hulle weet ook nie dat ek op 13 in ‘n band in die Kaap gesing het nie. Niemand was bo 16 jaar oud nie.Nic Stevens was op die klawerbord. Die groep se naam was The Young Ones. Ons het een jaar die Battle of the Bands gewen, en ek onthou die groter en ouer mense wat regte rockers is, het nie baie daarvan gehou nie.

 

Kyk hul onderhoud hier onder

 

 

Vrouekeur
DEUR: Alita Steenkamp
FOTO’S: Ivan Naudé
Source – VROUEKEUR