Wynand & Chereé op Jou Show …

Jou Show is terug – groter en beter! Emo verskyn met ‘n splinternuwe stel en hierdie keer beman hy die skip stoksielalleen… Wel, soortvan! Sy regterhand en beste vriend, Wicus van der Merwe, vaar die veld in, en saam met die YouTube-koningin, Anne Hirsch, is hulle die program se nuwe veldaanbieders en vang hulle alle soorte nonsens aan – soos Anne wat nie kan ophou poetse bak nie.

Hierdie nuwe seisoen van Jou Show beloof om nie teleur te stel nie, want die gaste is net so splinternuut en beeldskoon soos die nuwe stel. Daar is optredes deur bekendes soos Corlea Botha, Wynand en Chereé, Elvis Blue, Amor Vittone, Anna Davel, Adam Tas, Joshua na die Reën, Johan C Venter, Joe Niemand, Brandon October en nog vele meer. Ons Take Note band is steeds in die ateljee en verskaf lewendige musiek wat jou tone van pure pret en plesier sal laat krul.

Kort jy ‘n weeklikse lag-inspuiting? Kom kuier saam met Emo, Wicus, Anne Hirsch en al die lawwe trawante wat dapper genoeg is om die ateljee te besoek.

kykNET

 

DKNT – Chereé

 

DKNT kykNET

 

Media and News

 

Skouspel 2010: Chereé Large

 

Fiësta: Hantam Vleisfees

Die Hantam Vleisfees is ‘n instelling vir die mense van Calvinia en vandeesweek kuier die bekende egpaar en sangers Wynand en Chereé saam met Fiësta in hierdie geweste. Tydens hierdie fees is vleis natuurlik die hoofbestanddeel en kan karnivore na hartelus die heel naweek kom saam eet aan alles wat al ooit gebraai, gekook, gebak of gepot is; van skaapkop tot lekker outydse tjops. Heelwat ander aktiwiteite is ook aangebied. Die weer het nie heeltyd saamgespeel nie, maar die mense het nie gekla vir die welkome reën nie.

Fiesta kykNET

 

Wynand en Chereé op Pasella

 

 

 

Baba In Die Maag…

Die sangpaar, Chereé Large en Wynand Strydom, gaan ouers word. Chereé en haar Wynand is in April in Langebaan getroud. Drie weke na die heuglike dag het Chereé tranerig geraak en begin eet soos ‘n tannie by ‘n kerkkermis. Dit is toe sy agter kom dat sy gaan ma word. Sy is nou amper vier maande swanger. Hoewel die paartjie nog nie weet of dit ‘n seuntjie of ‘n dogtertjie is nie het hulle klaar op ‘n naam besluit. Taylor Hope Strydom. Nou toe nou!

Muziki

 

Best young talent at Cape Show

WHEN the 1994 Cape Show opens this Friday, some of the best young talent in the country will be on show. Members of two bands, Stars of the Future and The Young Ones, are from the Tygerberg area. Stars of the Future is a six-piece group whose nifty choreography and faithful covers of chart-toppers such as Whitney Houston, Belinda Carlisle and Paula Abdul have endeared them to like-mind ed pop fans. Hugo Smuts of Brackenfell, a second-year music student at Stellenbosch University, is responsible for the backing tracks the band performs to. Colleen Wilson of Kraaifontein is a singing teacher who choreographs its routines. Chereé Large (Tygerberg Hills), at 14 the youngest member of the band, plays keyboards and has a talent for songwriting. Tania Hendricks (Kraaifontein) was discovered at the Shell Road to Fame and has since recorded in Memphis, Tennessee. The other two members, Tamari Brand and Natasha Ciman, both beauty title holders, are vocalists in the band. The Young Ones is a versatile and vibrant band, and with the exception of one member, the members are still at school. These two bands will play in the main stadium arena on the open ing night with the band L.A.P.D. Entrance to the concert is free, but show visitors will have to pay R9 (adults) and R6 (children) to get into the showgrounds.

– Tyger-Burger Februarie 1994 (Joernaal: Kuns & Vermaak)

 

VROUEKEUR Onderhoud: Wynand & Chereé Strydom

 

Wynand & Chereé Strydom gesels bietjie oor hul lewe as sangers en ouers. Besoek www.vrouekeur.co.za vir selfs meer oor hierdie sangpaar.

 

Country Legends and Friends

Chereé is well-known in the local contemporary market. Her versatility and talent can be seen from her recent double album, “Country Girl”, as she sings the music of her heart on this new CD! Chereé’s love of country music – both old and new – inspired this project. Chereé has been nominated for a SAMA award this year, for her country album, “Country Girl”, and at the beginning of 2008 this country girl was crowned Radio IFM”s Country Singer of the Year.

Frans Swart

 

Country Rock!

Chereé, verskyn saam met Lianie May en Ray Dylan,  op die voorblad van die nuwe Tempo Tydskrif met die onderskrif – Country Rock! Country legendes soos Lance James, Bobby Angel en Clive Bruce vertel van die dae toe Country musiek in al wat ‘n mens se huis weerklink het  en hoe nuwe kunstenaars soos Chereé, Ray, en Die Campbells nuwe lewe  blaas in Country musiek vandag.

Tempo 2010

 

Wynand en Chereé op Jukebox (Nov 2010)

 

 

 

⇦ TERUG