DIT IS ONS LEWE

⇦ TERUG

DIT IS ONS LEWE

Leo Musiek (c) 2007

 Wynand & Cheree

Wynand Strydom en Suid- Afrika se “country girl”, Chereé, deel hulle lewe met ons op hulle duet album. Albei hierdie kunstenaars is welbekend in die Suid Afrikaanse musiekbedryf met treffers soos Dertig Dae in die Somer (Chereé) en Katrina (Wynand Strydom).

Met hulle diverse stemme maak hulle hierdie duet album egter baie uniek.

 Die produksie word deur Andries Botha behartig en van die land se top musikante het hul eie unieke stemple op die produk geplaas. Die album sluit in treffers wat spesiaal vir WynandChereé geskryf is deur bekende liedjieskrywers soos William Blackrose; André Swiegers en Tony Ridgway. Die ander treffers op die album is bekende snitte van André Swiegers; Steve Hofmeyr; Gian Groen; Al Debbo en vele ander.

Homebrew Films sorg vir die 2 bonus musiekvideos op die album,  Dit is my lewe (Duet song) en Sal jy probeer Onthou? (Chereé).

Wynand & Chereé tree reg oor die land op en kan gereeld op televisie gesien word.  Luister na hulle – jonk; talentvol en verlief!