Ag moeder, Snotkop gaan die oulikste pappa wees! Die rapper is die peetpa van die sanger Chereé Strydom se ses maande oue dogtertjie, Taylor-Hope.
Die twee het saam ’n draai gemaak by ’n speelgoedstalletjie by die onlangse InniBos-kunstefees op Nelspruit.
Chereé se man, Wynand, het babaoppasser gespeel terwyl sy vrou opgetree het. Chereé sê hulle het op Snotkop as peetpa besluit omdat hulle ’n ‘‘koel mens’’wou hê.‘Ons weet Taylor-Hope gaan nie na my of Wynand se musiek luister nie, maar sy gaan na Snotkop s’n luister!’’het sy gesê.
En Snotkop is dol oor sy peetdogter. ‘‘Sy is die koelste kleintjie op Twitter. Sy het nou die dag gerock in ’n Ed Hardybabapakkie wat ek haar gegee het.’’
Deur
op Julie 14, 2011Source – http://huisgenoot.com/bekendes/snotkop-staan-pa-vir-kleinding/